Oupa Lokomotief opgeknap - PE Express - Desember 23 1998

Manul Mapempeni, Sydney Terblanche en Isaac Mrwebi.

EEN van die oudste lokomotiewe in die land word tans deur die Apple Express Vereniging van Port Elizabeth herstel tot sy vroeere glorie. Sydney Terblanche en sy span werk nou al amper'n jaar en'n half aan die klein Garratt L Plus waarby hulle hier staan. Hulle hoop omhomteen volgende Maart gereed te he. Die klein enjintjie is 80 jaar oud.

Sydney se werk is deel van 'n algehele opknapping van die Appeltrein wat stadig maar seker gedoen word na gelang daar tyd en geld beskikbaar is. Hy is tans ook besig met die algehele heropbou van 'n
  Garratt 131 en intussen doen hy ook onderhoudswerk aan die 124 wat gebruik word om die
smalspoortreintjie op sy gereelde ritte te trek.
Stoomtrein-geesdriftiges kom dikwels van dwarsoor die wereld om 'n rit op die trein mee te maak.

Die treintjie ry tussen die Baai en Thornhill. Onderweg tjoek by oor die on Vanstadensbrug.

Gedurende die Feestyd loop by vandag, 23 Desember, en m6re; dan weer op 26, 27, 29 en 30 Desember en op 2 en 3 Januarie. Die vertrektyd is 09h00 vanaf die Humewood-stasie.